LEEG ……

THE GREAT “I AM”

Dit is so asof my kop deesdae hol is, leeg van enige gedagtes wat lank genoeg binne bly om in ink te vir ewig ……

Ek het nog nooit geglo aan skryf net om te skryf nie.  Soms voel die leegheid soos n groot gat, daar is verskeie gate in n mens wat gevul moet word, soms voel dit of daar net n dop is en die res is leeg.

Sondag wat verby is kry ek toe mos die geleentheid om weer vir so n paar minute lank die tv of te wel die PVR se remote vas te hou, ek weet nie altyd hoe die ding werk nie, daar is soveel onnodige funksies, ek onthou toe ek jonk was, wel ek was die laaste (tweede) kind so ek was altyd beskou as die baba, en dan word daar net aangeneem die baba doen alles wat die res van die familie nie wil doen nie, ek onthou EK was baie maal die “remote” wat moes op en af spring, ja daar was nou wel nie n wye keuse van kanale nie, maar tog moes die tv aan en af gesit word, en die klank moes nou en dan verstel word …

Om terug te keer na die “gat” storie …….

Sondag toe ek nou so alleen in die sitkamer sit en koffie drink, toe besluit ek om n bietjie channel hopping te doen, maar die creature of habit wat ek is gaan soek ek soos gewoonlik die ou bekende kanale op.  So beland ek toe by Ds Greta Serfontein van die MoreletaPark Gemeente Kerk.

Baie min gebeur dit dat n Ds my aandag gryp EN hou, hul karring gewoonlik op dieselfde ou trant voort, MAAR net soos ek n creature of habit is, net so glo ek dat iets nie net toevalligs met n mens gebeur nie, daar is altyd n GROTER doel daaragter.

Wel ek kom toe op amper die einde van haar geselsie by haar uit, en daar praat sy van die GAT hier binne ons as mens.  Ons probeer daardie gat met alles wat stom en krom is vul, in plaas daarvan om God toe te laat binne ons.  HY is die GROOT “I AM” en HY vul ons met liefde, HY maak ons so vol dat daar nie nodig is vir enige ietsie anders nie.

Sy het ook aan n puntjie geraak wat ek ook al jare in glo, ONS as mens het nie nodig om God na die mensdom toe te vat nie, God is alreeds daar, ons moet net gaan seker maak dat die mens God sien en voel, Hy is reeds daar in hul lewens, die skille moet net van onse ogies afval, ons moet God sien en dan sal ons verstaan Hy was nog altyd daar en so sal daardie gate en leemtes gevul wees.

Okay so maybe is hierdie gat en leemte wat in my kop is, wel maybe just maybe is daar nie regtig is leemte nie, ek moet net my “ogies” oopmaak en God in en om my sien.

So met die getik tik tik besef ek dat ek alles het wat ek nodig het, die Here BLY my Herder en ek het in oorvloed.

Laat die mense God binne en rondom jou en hulself sien, ons is almal mens en ons jaag almal elke dag aan, ons is IN die wêreld maar nie VAN die wêreld nie.  Moenie die Here gaan preek aan die mense nie, gaan uit en maak hul bewus van die Here wat alreeds in en om hulle is, daar in die weelde en armoede, daar by die biduur asook daar in die gutter, Hy is teenwoordig in die kerk asook in die kroeg.  SIEN HOM NET RAAK.

En nou, soos Tannie Stienie van Agter elke Man sou sê ….

BYE FOR NOW

O JA and Let your Love Flow

article-2340857-1A4B3993000005DC-182_306x423

 

 

Vleispryse …..

Ek sit nou en wonder hoekom het die prys van vleis so die hoogte ingeskiet ….

Dit is nou nie asof daar n tekort hier in Suid Afrika aan vleis is nie, inteendeel ek glo aanbod oorskry vraag by verre!

Varkvleis, goeie genade daar is n oorvloed van varke in ons land, in die verlede was varke meestal beperk tot die manlike geslag, deesdae wil die vroulike geslag kyk hoe vuilbek en varkerig en sonder enige trots hulle kan wees, dis om van naar te word, ek kan verstaan hoekom mense nie meer vark wil eet nie.

Die meerderheid dames weet nie meer hoe om te ‘dame’ nie.

Dan kom ons by skaapvleis … aai aai die landjie van ons wemel van die skape, mense is te lui om te dink nou volg hul net blindelings, soos n trop skape ….

Wanneer iemand n vraag vra of net waag om n debat te begin dan kom hul in hulle troppe bymekaar, die voorbok …. jaaaaa ek weet ek praat van skape maar n goeie begrip het net n halwe woord nodig …. die voorbok trek los en almal meeehhh maar net saam. Ongelooflik hoe stupid sommige slim mense kan wees.

Daai ding binne in jou skedel is nie net daar om die spasie vol te maak nie, gebruik jou brein, oefen daai grey matter n bietjie, ek belowe jou dis nie soos gym nie, jy gaan nie sweet nie, trust me!

Lamsvleis is nou ook volop bekombaar ….
Dis n hele nuwe storie vir n ander tyd.

So ja, daar is definitief in oorvloed.

Dink n bietjie, dis heel aangenaam.

Bye for now …..

Jy ….

Ek wil jou ken, inside en out, ek wil jou gesiggie vashou en jou op jou voorkop soen, ek wil jou hare deurmekaar vryf, ek wil dat jy weet jy kan my vertrou en op my staatmaak. Ek wil dat jy jou ‘hi’s’ en ‘low’s’ met my kan deel, wil saam jou lag en saam jou huil. Ek wil jou laat blom soos jy my laat blom, ek wil in jou arms veilig wees, ek wil saam jou oud word in jare maar jonk bly in gees. Ek het jou lief, net vir jou. Jy is die caffeine in my koffie, die wip in my stap, die klop van my hart, jy is die kussing onder my kop, die boek in my hand, die smile op my gesig, jy is my 24/7 my stroop en mayo sarmie.


Bitter ….

Why do I keep on doing this to myself and to the only person I feel loves me unconditionally, my son, my only child, my gift from God … WHY?

I have been through two failed marriages, the first one lasted 17years, the father of my son, I stayed way too long, I stayed because I believed it too be the right thing, I stayed because of my son, even though the bond that was formed between the two of them at my son’s birth, was becoming almost invisible. My first husband was a lier and a cheat, a no-good husband and an even worse father. I woke up one morning and told him that we were moving out, he did nothing to stop us and even less to get us back. My son did not mind at that stage, to him it meant good riddance of an overly strict Dad. I knew then that he would grow up without a father figure as his Grandads were so not involved, they could just as well have been from another universe (just a manner of speaking) ….

My son was the one who lost out the most.

Jumping forward a couple of years, I married my second husband, who months into the marriage, turned into a complete monster, an abusive, dangerous man. Yet again my son had to live with his Mom’s mistakes. To cut through the blood and gore, I left my second husband after fearing for our lives too often and way too long. It was only 3years down the line.

My son and I planned our escape in advance and the only place I could think of where we would be save was with my parents. During my second marriage my son had to endure a lot of sad stuff that he kept bottled up. His little bag of fear and stress kept on increasing, he was only 15years of age, the age when boys should be out biking or out fishing with their Dads and mates. Once again I let him down.

Moving in with my parents, now 11years down the line, was all we had back then. We were told that we could live with them till we decide to move or till they don’t live no more.  

They know we do not have the financial means to go off on our own, soooooo, they treat us like dirt at times. We are so grateful for the roof over our heads and the food in our tummies, if only love and respect were served too, we would actually feel normal and wanted. It is a sad sad day and an even sadder life when you constantly have to protect your adult son from the sharp tongue of his ouma, I have nobody to protect me so I do my best to ignore, oupa does not stand up against her as he is better off leaving her be. I do believe he prefers it like that because then he need not get involved and can carry on playing ostrich. 

Everyone always say “what does not kill you, makes you stronger” and that is just bull dust, it makes you bitter and it makes you yearn after love and affection, it leaves you wanting normal as you just don’t know how to handle all of this rejection any longer, the saddest part is that the two of them have several masks they put on, where and when it is called for, only showing true colours to those they hurt.

I know God is omnipresent in our lives, I just wish that sometimes He could hug me and make it feel better…. and not bitter.

Moerig ….

Mense en hul dinge. Mense is gou om die uitgewaste woordjies te uiter, “roep as jy my nodig het, laat my weet as iets jou pla, ek hoor jou en en en” …..

Maar waag dit om jou opinie te lig, reguit te vra vir hulp of te noem as iets definitiefs jou pla en jy dan glo die ander persoon sal daarop ag slaan.

Gewoonlik, wel in baie gevalle, val jou woorde op dowe ore, dit wat jou pla word omgedraai en na jou terug verwys en meer as minder voel jy self dan soos die boef of die boelie. Die ander persoon slaan glad nie ag op jou versoek nie, inteendeel, jy word totaal en al geignoreer en jy word gebrandmerk as n moangat wat aandag soek soos n stout kind.

Ek glo ek verwag dalk net meer van mense as wat ek moet.

Wat ek wel weet van myself, is dat sou iemand my in kennis stel van iets definitiefs wat hul pla, maak ek dadelik werk daarvan. Ek het nog nooit toegelaat dat n vreemdeling iemand wat na aan my is, te na kom of iets leliks toesnou nie, sou hul dit wel doen sal en het ek al werk daarvan gemaak, ek sal selfs so ver gaan om die moeilikheidmakers totaal en al uit my lewe te sny.

Ons is nou eenmaal nie almal dieselfde nie, sommige van ons sien en voel dalk maar net meer intens seerkry as ander.

Sulke dinge is moeilik om te vergeet en sny soms diep kepe in jou as mens se vertroue in ander in. Dit bly hier in jou agterkop en kom soms op die onmoontlikste tye na vore, dit laat mens twyfel, meestal sonder n grondige rede, maar die ‘verwerping’ van jou behoeftes los n merk. 

So ja, ek voel weer lekker moerig vannaand, seker maar die stout kind in my wat aandag soek. 

Sou die persoon wat hier lees dalk ook eendag n “belaglike” versoekie van n geliefde kry om n bietjie op te kom vir haar/hom, dink eerste aan die enetjie wat so kak en kerm en laaste aan jouself. Die moeilikheidmakers lag lekker en jou geliefde of vriend/in is hartseer want jy verkies eerder dat God’s water oor God’s akker loop voordat jy opstaan teen hulle.

So maklik kan n vriendskap vrot raak as die een party meer oor die “eie ek” kommer as oor die seergemaakte vriend of geliefde.

Daarsy, fluit fluit, my gekak en kerm is uit.

LOVE IS IN THE AIR …..

(MORE THAN) 50 WAYS TO TREAT YOUR LOVER ….

Wel vandag is mos Valentine’s Day, so ja hoekom dan nou nie praat oor die liefde nie …

Daar is verskeie “meanings” rondom Valentines dag, maar ek verkies maar die “liefde” enetjie, hoekom dan nou nie, net nog n kansie om jou liefde aan iemand te verklaar, ek glo in n God van Liefde en ek is amper seker Hy gaan ons nie judge hieroor nie, my mening!

Ek het gesit en dink aan die lekker ou song van Paul Simon, “50 Ways to Leave your Lover” en toe dink ek daar is mos meer as “50 Ways” wees to Treat your Lover.

Soos in die song, glo ek ook, moenie stress nie, moenie te lank daaroor dink nie, just do it …

I am sure Mr Simon would not mind me using his lyrics in some way or another.

“So let me help you in your struggle

To be a little bit more romantic

There must be (more than) 50 ways

To Treat your Lover

Just slip in through the back (door)  Jack – kook haar favourite kos vir haar

Make a new plan Stan – gaan dans onder die sterre saam haar

You don’t need to be coy Roy –  soen haar tot sy snak na haar asem

Just hop on the bus Gus – en serenade haar voor almal

Get your own key Lee – Just let yourself in”

So ja, daar is definitief meer as 50 ways to Treat your Lover

Happy Valentine’s dag aan almal, met of sonder liefies in jul lewe, as jy single is, koop vir jouself n ietsie mooi en treat jouself, maar ek stel voor vat n kans, vat n kans en sê vir daardie persoon wat jy so op n afstand dophou, sê vir daardie persoon hoe jy voel.  Daar is niks om te verloor nie, jy hoef nie skuldig te voel sou die persoon nie dieselfde oor jou voel nie, ten minste het jy gewaag, maar dink net sou daardie persoon dieselfde voel, wat n wonderlike tydjie wat voorlê …

MAAR NET N VRIENDELIKE WAARSKUWING … GOD STUUR NIE IEMAND ANDERS SE MAN OF VROU VIR JOU NIE, JY MOET SOOS IN GEENSINS JOU OOG OF VALENTYNSBOGIE MIK OP N PERSOON WAT REEDS IN N HUWELIK OF N VERHOUDING IS NIE, NOT COOL, SO NOT AYOBA!!!

Sou jy n Liefie in jou lewe hê, sê elke dag vir daardie persoon hoe jy voel, deel jou liefde, ontvang hulle liefde, wees dankbaar vir liefde, liefde is die rede, die spil waar alles om draai.

WEES LIEF …….

unnamed

 

 

DROOM …. OF TIME TRAVEL?

DROOM …  OF TIME TRAVEL ?

Wel ek het vanoggend wakker geword en onmiddellik geweet dat ek weer gedroom het. Ek wonder of ons elke keer droom wanneer ons slaap, ek weet nie of die diepte van jou slaap enige invloed het op whether jy droom of nie droom nie.  Soms voel dit of ek net aan die slaap geraak het, maar dan het ek hierdie uitgerekte droom gedroom wat beslis meer tyd as my kort “power nap” moes geneem het.

Stupid is ek darem ook nie, so ek glo tyd en plek is in n heel ander dimensie, daarom dat mens bykans enige iets kan doen in jou droom, soms dit wat so ver verwyderd is van jou werkliheid dat dit scary raak.

Wat vir my heel weird is, is die feit dat mens van mense droom, gesigte wat jy glad nie ken nie, en dan ook van mense wat aan jou bekend is.  Soms droom jy van tye en plekke in jou verlede, en dan meer dikwels van tye en plekke waarvan jy glad nie kennis het nie.

Ek het oor die algemeen n kleurvolle verbeelding, soms kom dit na vore in n droom.  Ek wonder nou of drome nie maar n tipe van n time travel is nie, jy verplaas jouself na die verlede of spring sommer in die toekoms in, of soms is dit asof dit nou met jou gebeur.

Ek het al drome gehad waarin ek in n gevaarlike situasie was, en ek het myself letterlik moes wakker maak, het dit erens raakgelees dat sou dit in jou droom gebeur, jy jouself uit n situasie uitneem in die werklike lewe, dit kan wees dat jy in jou werklike lewe in gevaar is, of selfs net n situasie wat vir jou te moeilik is om te verwerk in jou “wakker” lewe.

Soms wonder ek wanneer droom ek, is dit wanneer ek slaap, of wanneer ek wakker is.

Wel ek het julle gewaarsku dat ek n kleurvolle en baie besige verbeelding het …

Mens droom seker ook van dit wat jy die meeste aan dink wanneer jy wakker is, ek weet nie? Dan is dit soos n movie wat jy self skiet, jy bepaal wat en wanneer iets gaan gebeur, soms word n mens wakker en wens jy dat jy verder kon droom, soms word jy wakker en dink, dankie tog dat ek nie meer in die droom is nie.

Ek het op n stadium slegte drome gekry, drome waarin ek fisiese pyn gevoel het, ek het n paar maal gedroom van klein puppy dogs wat my hande byt, so seer dat ek dit kon voel, so seer dat ek myself wakker gemaak het, elke keer na die droom was ek ontsteld en uitgeput, dit was n tyd in my lewe toe my gesondheid nie so goed was nie, ek het myself wys gemaak dat ek die dood vrygespring het deur myself uit die droom te haal, vreemd maar dit is hoe ek daaroor gevoel het.

Ek droom baie van my seun, wat nou al n volwasse man is, ek droom van toe hy nog n kleuter was, ek glo dat dit gebeur baie met mammas en pappas, n mens verlang na n tyd toe jy nog jou kind kon vashou en toemaak en beskerm, soos hulle ouer word moet n mens laat gaan, jy kan nie jou kind in watte grootmaak nie en jy kan nie n helicopter ouer wees nie, mens moet let go.

Soms in n droom doen n mens iets wat jy soos in glad nie in jou wakker lewe doen nie, ek het al gedroom dat ek rook, ek het al gedroom ek swem soos n vis, ek is oor die algemeen heel skrikkerig vir water, water waar ek nie die bodem kan voel nie, maar ek het al drome gehad waarin ek in n swembad induik en swem asof ek n prys gaan kry daarvoor.  WEIRD.

Ek glo daar is n fyn, baie fyn lyn, tussen slaap en wakker, tussen werklikheid en verbeelding, mens kan so maklik oor daardie lyn trap en jou dan in n heel ander wereld bevind, die probleem is (dalk jou parallel universe) ……. hoe weet n mens wanneer slaap jy en hoe weet jy wanneer is jy wakker, hoe weet jy of jy teruggekom het, en of jy nie maar net verder leef in jou droom nie?

Droom is lekker, die lekkerste daarvan is dat jy nooit weet waaroor jy volgende gaan droom nie, dit is soos n “Lucky Packet”, jy sien eers wat binne in is wanneer jy dit oopmaak.

So geniet jou time travels in jou drome, kyk uit vir die rooi gevaar ligte wat mag flikker, geniet dit wat jy nie in jou wakker lewe doen nie, geniet dit, en probeer onthou wanneer jy wakker word.

Sommige drome bly jou by en ander verdwyn soos mis voor die son, ek dink dit is maar net ons manier om kreatief te wees, sommige van ons gryp dit en maak iets daarvan, ander vergeet dit en sien nooit die “kleur” en potential daarvan raak nie.

Ek glo ons almal kan boeke skryf oor ons drome, ek weet ons almal droom, so volgende keer dagdroom n bietjie oor jou droom, dalk is jou dag net mooier, veral wanneer jy van n geliefde gedroom het ….…..

Bring n stukkie van jou “droom” terug na jou “wakker” toe.

Arrie-Warrie

lucid-dreaming1

 

 

Dis Vrydag julle …..

 

HEY JULLE …

Alweer Vrydag, en nee ek kla glad nie.  Dit is net halfdag by die werk vir my en so far so good, lyk heel stil en rustig hier vandag, die ander slawe lyk ook nie lus vir roei nie.

Ek het deur die week opgemerk dat dit nou n bietjie later lig word, die seisoene is definitief besig om te draai.  Party nagte is daar selfs n “byt” in die lug.  Die laaste paar jaar het ek gewoond geraak om my duvet asook my lekker dik winterskombers op my bed te hou, Lente, Somer, Herfs en Winter.  So wanneer dit so effe koel raak trek ek net die kombers nader.

Ek sien uit na die Winter, ja ek weet, tot die Winter hier is dan huil ek weer vir die Lente, ek kan nie dink dat ek al ooit vir die Somer gehuil het nie.  Ek onthou in my twenties was die Winter my mees favourite seisoen, n mens kan sulke lekker comfort food eet in die Winter, lekker hot tjokkies en warm drankies drink, mmmm sop, yummmm, en dan ja die lekker aantrek, Wintersklere is net soveel meer deftig as Somersklere, my beskeie mening …

Ek wens julle n wonderlike dag en naweek toe, mag julle oorval word met liefde en geluk.

Ek het n wonderlike man in my lewe wat my toegooi met liefde, en dit is net soooo flippen amazing.

So, I’ll catch you on the flip side.

aries_from_the_dancing_zodiac_by_aquasixio-d9a0fcr

 

 

 

Smile-a-while ….

Ietsie snaaks wat ek raakgelees het, nie my werk nie, maar te oulik om nie te deel nie.

SLEGS WARE MANNE BRAAI VLEIS

Vleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat ‘n ware man sal doen.

Wanneer ‘n man besluit om te braai, ontstaan die volgende ketting-reaksie.:

Die vrou gaan koop die vleis en by-kossies.

Die vrou maak die slaai, pap en sous.

Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in ‘n bak saam met die nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die braaier met ‘n dop in sy hand staan.

Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER

Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry.

Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog ‘n dop sal gooi terwyl hy die situasie onder beheer bring.

Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT VIR DIE VROU AAN.

Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.

Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.

Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging.

Later vra die man of sy vrou darem haar “aandjie af” geniet het. Wanneer hy die reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige vrouens tevrede sal stel nie!

thinkstock-3

 

FEBRUARIE 2017 ……

Februarie 2017

Sjoe maar die jaar het met n spoed uit die blokke weggespring.  Ek kan amper nie glo dat dit al die 9de Februarie 2017 is nie, waar gaan die tyd dan heen.  In my jeugjare het ek gedink die oumensies praat sommer net bog wanneer hul gepraat het van “hoe ouer jy word, hoe vinniger gaan die tyd om”, wel ek ondervind dit nou self.

Ek sukkel om op dreef te kom met my skryf, ek kry idees, gryp my boekie, en dan verdwyn dit weer soos mis voor die son.  My kop is orals, dan hier dan daar, tyd dat ek n “grip” kry voor die jaar onder my uitgehardloop het.

Daar is nie iets spesifieks in my vingers vanoggend nie, so ek tik maar net om weer die gevoel te kry en om my gedagtes n bietjie te laat loop.

Die feit dat ek by die werk is help ook nie regtig nie “jy moet focus my kind” maar ek weet nie op wat ek wil focus nie, my werk, of my gedagtes wat nie naby my werkstafel is nie.

Ek dink dis tyd vir n ou koffietjie, net om alles weer in perspektief te kry.

Hoop die woorde kom spoedig terug na my toe.

Voor ek die slaap uit my ogies uitvee is dit Maart, aai aai aai.

Onthou net om elke oomblik van elke dag te geniet vir dit wat dit is, moenie te veel stress nie, dit maak ons net dikbek en vet.

Make memories, dis al wat ons het in die alleen oomblikke van ons lewens.

Ek glo ek is more weer terug.

8345852a7d840c369598cd33e5f8fa4b